Wys tans plasings met die etiket Die Eerste Klap. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Die Eerste Klap. Wys alle plasings

2014-06-26

Die Eerste Klap


Ritme-roerende geesdriftige toere
Rammel onuithoudbaar rond 'n steen
Kloppende klappe gejaagde snoere
Wentel al hoe benouend om en heen
Barstend teen die grond se kontoere

Klaagliedere van knou en moedeloosheid
Weergalm deur die warrelwinde se vlerke
Knaend en gestres verpletter dit met boosheid
Neerbuigend en versmorend polder die kerke
"Niemandsland!" word die bynaam onder die moondheid