Die gedig van 'n Kind en ook die laaste inskrywing - wat julle ook al doen, dink en sê, laat dit altyd opreg en eerlik wees en laat die skild van verlossing altyd jou weerkaatsing laat blink, al word die wêreld hoe al donker en afvallig, dis maar net die begin van die nuwe:
GETUIENISSE VAN HIERDIE ERA
Inleiding:
'n Koningskind
Hy het my geëis
Met Sy Hand is ek genêm
Na Sy Stad toe, na Jurisalêm
Hy het my gewys
Deur Sy Stem van sagte klanke
Na 'n waterstroom met kristal banke
Na Sy Wit Paleis
Op Sy wit perd na die wit kolom
Word ek geneem en verwelkom
Hy het my geëis
Met Sy Hand is ek genêm
Na Sy Stad toe, na Jurisalêm
Hy het my gewys
Deur Sy Stem van sagte klanke
Na 'n waterstroom met kristal banke
Na Sy Wit Paleis
Op Sy wit perd na die wit kolom
Word ek geneem en verwelkom
Beswaarskrif teen die wêreld:
Bloedsuiers van Kastanje
Jy, jou sluipmoordenaar!
Jy, jou bloedvergieter snaar!
Met jou inheemse taktiek
laat jy orals jou gif skiet
Jy sing jou spotlied
terwyl jy rond swiep
en waar jy ook al kom
raak almal en alles krom
Jy, massagraf houer!
Jy, met jou vuil steenhouer!
Jy deel koeverte uit met prag
met inhoud wat na onreg smag
Om elke hoek staan jy en wink met 'n lag
Om elke draai werp jy 'n sink en wag
'n Siele omkoper is wat jy is!
'n Martelaar vir mammon se kis!
Jy, jou sluipmoordenaar!
Jy, jou bloedvergieter snaar!
Met jou inheemse taktiek
laat jy orals jou gif skiet
Jy sing jou spotlied
terwyl jy rond swiep
en waar jy ook al kom
raak almal en alles krom
Jy, massagraf houer!
Jy, met jou vuil steenhouer!
Jy deel koeverte uit met prag
met inhoud wat na onreg smag
Om elke hoek staan jy en wink met 'n lag
Om elke draai werp jy 'n sink en wag
'n Siele omkoper is wat jy is!
'n Martelaar vir mammon se kis!
*****************************************
Einde van hierdie Wêreld
Waai, winde, waai!
Galop met jou hoewe
En beweeg saam met die kraai
Swoeg, kruipers, swoeg!
Verdwaal in die groewe
En versink saam met die dief in die loef
Skree, spoke, skree!
Verjaag die skuim met angs
En verwar die rigting van hulle treë
Huil, klinkers, huil!
Val neer op jou swartgalligheid
En betreur die einde van jou kuil
Verdwyn, ou wêreld, verdwyn!
Verval in jou eie boesem van oneer
En vernietig jou eie boosheid terwyl jy wegkwyn
Waai, winde, waai!
Galop met jou hoewe
En beweeg saam met die kraai
Swoeg, kruipers, swoeg!
Verdwaal in die groewe
En versink saam met die dief in die loef
Skree, spoke, skree!
Verjaag die skuim met angs
En verwar die rigting van hulle treë
Huil, klinkers, huil!
Val neer op jou swartgalligheid
En betreur die einde van jou kuil
Verdwyn, ou wêreld, verdwyn!
Verval in jou eie boesem van oneer
En vernietig jou eie boosheid terwyl jy wegkwyn
*****************************************
Trane
Die lag van my jeug het verdwyn
Die tortelduif se lied het stil-stil gekwyn
Bitter mos en gladde rowwe steen
Het sy omwenteling om my geween
Die dae word aaklig en vrot van gif
Die massas hoereer net verder in hulle drif
In die ore en gesigte van die goddeloses
Met hulle afvallige en swartgallige poses
Word die gesange en gesug van die reine
Tot dorre klanke verklaar met refreine
Maar Vader het vir hulle gesê en geleer:
"Dat julle, julle hoofde kaal moet skeer
en ween en huil oor julle baie sondes"
Maar hulle het met een stem geroep in sekondes:
"Nee, nee vir ons geld dit nie en sal ook nie,
want Bo ons is daar niemand nie,
en onder ons is daar baie op die knie"
En verder spreek Vader weer:
"Maar in sakke en as hoort julle, julle te bekeer,
want sowaar, sowaar, Ek is die Een Wie Bo julle is en so word vereer!"
Die lag van my jeug het verdwyn
Die tortelduif se lied het stil-stil gekwyn
Bitter mos en gladde rowwe steen
Het sy omwenteling om my geween
Die dae word aaklig en vrot van gif
Die massas hoereer net verder in hulle drif
In die ore en gesigte van die goddeloses
Met hulle afvallige en swartgallige poses
Word die gesange en gesug van die reine
Tot dorre klanke verklaar met refreine
Maar Vader het vir hulle gesê en geleer:
"Dat julle, julle hoofde kaal moet skeer
en ween en huil oor julle baie sondes"
Maar hulle het met een stem geroep in sekondes:
"Nee, nee vir ons geld dit nie en sal ook nie,
want Bo ons is daar niemand nie,
en onder ons is daar baie op die knie"
En verder spreek Vader weer:
"Maar in sakke en as hoort julle, julle te bekeer,
want sowaar, sowaar, Ek is die Een Wie Bo julle is en so word vereer!"
*****************************************
Laat die bose nie Triomfeer nie
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort die Heerlikheid!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort die Koninkryk!
Laat die bose nie standhou nie
Want aan U behoort My Siel en Gees!
Laat die bose nie spog nie
Want aan U behoort My Trane en dit Genees!
Laat die bose nie spreek nie
Want aan U behoort My Woorde!
Laat die bose nie vastrap kry nie
Want aan U behoort My Koorde!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort My Waarde!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort My Innerlike Kaarde!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort die Heerlikheid!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort die Koninkryk!
Laat die bose nie standhou nie
Want aan U behoort My Siel en Gees!
Laat die bose nie spog nie
Want aan U behoort My Trane en dit Genees!
Laat die bose nie spreek nie
Want aan U behoort My Woorde!
Laat die bose nie vastrap kry nie
Want aan U behoort My Koorde!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort My Waarde!
Laat die bose nie triomfeer nie
Want aan U behoort My Innerlike Kaarde!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking