Voorafgaande die sewende seël:
Die Boek van Openbaring is nie in kroniese volgorde nie en die mense moet besef dat die seëls en basuine onafhanklik van mekaar is en onafhanklik met mekaar te make het, en op verskillende tye van toepassing is, en sommige van hulle gaan selfs gepaard met mekaar en word selfs herhaal.
Openbaring 8:1
En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.
Die groot STILTE word in Eségiël 23 en Eségiël 24 saamgevat.
Hoekom vra 'n kind: "Waarom praat God nie meer met ons, soos wat Hy met Moses gepraat het nie? Moses het Sy Stem gehoor, net soos wat mense met mekaar praat. Hoekom hoor ons dit nie ook soos Moses dit gehoor het nie?"
En wat antwoord die ouers? Hulle het nie eers 'n antwoord vir hulle kinders nie. En sommige sê: "Daarom het ons die Woord van God en dit is Sy Stem aan ons."
Dis reg, maar dit beantwoord nog nie die kind se vraag nie. Die kind wil WEET HOEKOM is God nie meer hier op die aarde FISIES teenwoordig nie. Want die kind weet dat Moses met Hom gepraat en FISIES GESIEN het. Moses was nie in 'n droom besig om met God te praat nie, hy het FISIES met Hom gepraat en FISIES GESIEN. Net soos Abraham [Génesis 18].
Nou kan jy die wederkoms verstaan en wat dit inhou.
Moenie vir julle kinders lieg nie! En moenie 'n skande maak van 'n kind wat 'n REGUIT VRAAG stel nie!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking