Wat is Sy Geregtigheid en wat hou dit in?
Een vers verduidelik dit baie goed. Net een vers in die HELE BYBEL:
Matthéüs 5:20
Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Verder, word Sy Geregtigheid ook by die volgende skakel omskryf. Lees gerus: http://herbergbulletin.blogspot.com/2014/04/die-oud-en-die-nuwe.html en besef wat ons te wagte staan, sodat julle kan weet hoe om SY geregtigheid toe te pas. Gee alles weg, en volg Hom. Hy weet wat julle nodig het. Moenie julle kwel oor aardse besittings nie.
Mense kla oor hulle omstandighede en bekommer hulle oor die dag van
môre, maar staan nie stil by die feit, dat dit JUIS Sy Geregtigheid is
wat oor ons land spoel nie.
Ek weet nie hoekom ek nog die moeite doen om in Afrikaans te skryf nie, want die inhoud is bedoel vir die mense van Sy kraal, maar hulle daag nie op nie en het geen interesse nie. Maar ek LUISTER, en as ons moet kyk na die verloop van Sy geregtigheid die afgelope 320 jaar, dan kan ons verstaan hoekom die volgende 320 jaar so drasties gaan wees.
Ek is nogal skepties wanneer dit by mensgemaakte geregtigheid kom, en dis ook my goeie reg om dit sodanig uit te wys, want dis imperfek, dit is partydig, dit is vals en dit bevorder alles wat sleg is, behalwe goeie regverdigheid. Eloah sê gisteraand aan my: "Die wysheid van die mense, het hulle dwaasheid geword. Hulle raak daarin verstrik en word soos die stof aan hulle voete."
https://flic.kr/p/c8ShAs
AntwoordVee uitdie "kuns van die gevalle engele", gee die wortel van hulle dade 'n uitweg in die vorm van totale uitwissing - sinnebeeld in die vorm van noag se vloed, maar daar was oorlewendes...vlae moet wapper, mr. blaauw, vlae moet eendag weer wapper...maar dis maar deel van die profesie...niks nuuts nie - noem dit maar die smart van nostalgie in sy volle glorie...
Vee uit