2014-04-23

Die Besoek | The Visitation

Jakobus / James 3:17
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

2 Korinthiërs / Corinthians 13:1,10
Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.  [...]  Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat Eloah my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.


2014-04-20

Die einde van die Haas se Grot | The End of the Rabbit Hole

Josua / Joshua 10:8
En Eloah het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.

2 Timótheüs / 2 Timothy 1:7 
Want Eloah het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

1 Korinthiërs / 1 Corinthians 13:13 
En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.