2014-06-26

Die Eerste Klap


Ritme-roerende geesdriftige toere
Rammel onuithoudbaar rond 'n steen
Kloppende klappe gejaagde snoere
Wentel al hoe benouend om en heen
Barstend teen die grond se kontoere

Klaagliedere van knou en moedeloosheid
Weergalm deur die warrelwinde se vlerke
Knaend en gestres verpletter dit met boosheid
Neerbuigend en versmorend polder die kerke
"Niemandsland!" word die bynaam onder die moondheid

Verpletterende stowwe en spetterende buie
Verander die paleise in 'n onmisbare geraamte
Gekonkel met protesterende drom geluide
Verval die eens vrugbare versadigde in skaamte
Gerol en op gehoop in 'n verbrande kas vol struike

Boesem leeg met hande toe gevou en slap
Beweeg die Gees van verskrikking oor die kaf
Met vlymskerp gemete koper pyle wat oop krap
Koester dit die rigting na die swart massagraf
In 'n vinnige swaai sonder skroom val die eerste klap


**sodat die stomp van Isai kan bloei en spruit...

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking