2014-05-29

Die eet van die heuning boekie...

...en dus ontvang ek vandag 'n vers van die Almagtige oor die toestand van sake, met betrekking op Sy oorblyfsel...ja, die oorblyfsel en waarmee hulle tans besig is...die klomp wat deel gaan wees van die mellenium tydperk...SUG

die voorkant van die heuning boekie [aanklagte]:
Hoséa 4:2
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

Jeremia 23:10
Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.

Jesaja 59:3
Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.

Eségiël 22:9
Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

Hoséa 10:4
Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit—en soos ‘n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.




die agterkant van die heuning boekie [weeklagte]:
Jeremia 9:2
Ag, het ek in die woestyn maar ‘n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, ‘n hoop ontroue mense.

Jeremia 51:5
Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle Eloah, deur Eloah van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.

Eségiël 7:23
Maak ‘n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.

Hoséa 5:2
Ja, in verderflike praktyke verdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.

Hoséa 7:1
Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ‘n rowerbende plunder op die straat.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking