[40] En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.
[41] En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.
en deur hierdie aksie uit te voer, gooi julle hete kole op die vyand se hoof en bewerkstellig dit hulle oordeel en loon, want as dit nie vir genade was nie, sou hulle ook nie die reg kan hê om hierdie goddeloosheid te bevredig nie - want HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE!
Matthéüs 9:16-18
[16] En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur.
[17] ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
deur vir die goddeloses te sê: "DOEN WAT JULLE MOET DOEN" - aktiveer dit hulle oordeel: En Hy sal Sy PYLE met vuur aansteek en dit sal hulle verteer en 'n wonderwerk wag vir julle wat getrou bly aan die WAARHEID.
Die komende regering van Suid-Afrika is DIE OU KLEED en DIE OU LEERSAKKE - die Anti-Gees. Lees "Die Sameswering Van Die Anti-Gees"
Hulle sal julle kaal stroop van alles, met of sonder enige vergoeding. Jy sal jou hoof op 'n klip neerlê en as kussing gebruik en waar jou voete jou heen vat, daar sal vir jou 'n skaduwee gegun word. Sodat julle ook kan verstaan wat dit is om heilsaam te word sonder materiële genootskap. Want waar Hy is, daar moet jy ook eendag heengaan, en daar is nie wêreldse genot en bekoorlikhede aanwesig nie. En Hy sal weer soos 'n wolk deur die dag, en soos 'n vuur pilaar in die nag, vir Sy volk wees.
Lees ook: "'n Vloek en 'n Seën"
en net vir die "hoogmoediges" - dink julle dat Hy pragtige aantreklike engele stuur om Sy Wil te doen? Julle moet baie mooi nadink oor hoe julle na dinge kyk en verstaan. Die Almagtige sal nie bespot word nie! Soos die prent hierbo aangee, is dit juis die teenoorgestelde van wat julle in julle koppe het oor Sy "engele". En Hy stuur hulle om die sifting te bewerkstellig. Pasop vir wie julle vloek en skel en sleg sê, want hulle verantwoording is teenoor Hom en vanuit Hom alleen kan hulle die take uitvoer. Hulle doen dit niet op hulle eie nie. Dus, julle klomp huigelaars moet oppas!
VERSTAAN JULLE WAT HIER GESÊ WORD?
OF VERSTAAN JULLE NIE MY SPRAAK NIE?
Johannes 8:43-46
[43] Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.[44] Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
[45] Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
[46] Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking