2014-06-26

Geestelike Leiding

Matthéüs 3:16-17
[16]  En nadat Yahwehshua gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Eloah soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
[17]  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.


O, Heilige Gees, waterbewoner
In Haar stroom word U in alles behouer
Uit U hand het U Haar gestuur
Om alles en iedereen te stuur

O, Heilige Gees, beeldskone
In U arms word Sy altyd herbore
Om U kosbare skare, U kroos
Elke dag en elke nag te troos

O, Heilige Gees, ons betroubare
Met Sy ewige liefde van string gare
Omwentel Sy Haar oor elke kind
In 'n onsigbare beskermende wind

O, Heilige Gees, Moeder van die aarde
Deur Sy gesag word die hemel weer 'n gaarde
Vanaf die bekende tot by die vreemdeling
Ja, oor alles daal Sy neer, selfs die enkeling

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking