Johannes 15:19
As julle van die wêreld was,
sou die wêreld sy eiendom liefhê.
sou die wêreld sy eiendom liefhê.
Maar omdat julle nie van die wêreld is nie,
maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het,
daarom haat die wêreld julle.
Johannes 15:20-27
[20] Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
[21] Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
[22] As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
[23] Wie my haat, haat ook my Vader.
[24] As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
[25] Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
[26] Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Sy van My getuig.
[27] En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.
Wandelende kandelare en olyfolie bome
Skitter in die donkerte se verlate strome
Oopgevlek en sonder enige skroom
Verhelder dit die Heuning van silwer en chroom
Tot 'n standvastige merkbare edel skare
Vanaf die Hemel tot by die eensame aarde
O Vader, ons roep U eendragtig aan
U gesang en koor vorm ons bestaan
Voor U aangesig is ons 'n geringe geslag
En in U binnekring is ons 'n beeldskone prag
Strek daarom U soepel standvastige kolomme
Volledig om ons heen soos sagte pêrel blomme
Verryk ons in U ewige alomteenwoordigheid
Met U konstante lewensbron van suiwerheid
Ahmein.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking