2014-01-24

Die Sameswering Van Die Anti-Gees

In die huidige sfeer van sameswering tot "eenheid", word die beeld meer sigbaar en kan en sal hierdie tot 'n grootskaalse oorlog oorgaan in Suid-Afrika en die res van die wêreld.  Hier is die realiteit waarvan baie min mense bewus is:

Die huidige fondament is broos en sonder enige Gees.  Die feit dat partye, o.a. soos die van die VF die volgende kenbaar maak, bewys juis hierdie waarheid:

" “Dit is van die grootste belang dat kiesers, veral in Gauteng wat die hartland van Suid-Afrika se ekonomie is, reg stem om die ANC uit te hou en om die DA sodoende in ‘n koalisie te dwing met ‘n party soos die VF Plus wat kan toesien dat die beginsels van ‘n vryemark toegepas word."

Bron:  http://www.dievoorblad.co.za/index.php/afr/joomla-pages-iii/category-list/67-hoofberigte/1298-suid-afrika-stuur-af-op-n-burgeroorlog



Die volgende informasie bewys verder ook die onsinnigheid en hopeloosheid om die waarheid te verbloemen met pragtige woorde van beloftes en eenheid onder die dekmantel van vrede vir Suid-Afrika:


Wat die mense dus nie besef nie, is dat hierdie sistematiese ontwikkeling so ontwerp was om die mense tot die huidige "keuse" te forseer.  Soos wat die grafiek hierbo aangee, is dit dus nie moontlik om die ANC weg te stem nie, en al sou al die ander sogenaamde opposisie partye saam gesnoer word, sou dit maar die HELFTE van die ANC se stoele inneem.  Met ander woorde, daar is geen ander opsie dan oorlog nie.

Bron:  http://en.wikipedia.org/wiki/South_African_general_election,_2014

Wanneer enige iets geforseer moet word, dan gaan dit meestal gepaard met mag en krag, en Jahweh Elohym sê duidelik:  NIE deur KRAG of GEWELD nie, maar deur SY GEES sal daar in die komende tye 'n algehele ontmanteling van mens gemaakte fondamente [partye] in Suid-Afrika plaasvind, en dan die res van Afrika. Die Almagtige bring die vernuwing – Teokrasie as Sy mandaat met Autarkie as Sy bediening.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking