[17] En wat julle aangaan, my skape, so sê Jahweh, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
[18] Is dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly, met jul pote troebel maak?
[19] En moet my skape afwei wat met julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak is?
[20] Daarom, so sê Jahweh vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.
[21] Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het,
[22] daarom sal Ek my skape red, sodat hulle nie meer ‘n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape.
[23] En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle ‘n herder wees.
[24] En Ek, Jahweh, Ek sal vir hulle ‘n God wees, en my kneg Dawid ‘n vors in hulle midde. Ek, Jahweh, het dit gespreek.
[17] ‘And as for you, O My flock, thus said the Master Yahweh, “See, I am judging between sheep and sheep, between rams and goats.
[18] “Is it not enough for you to have eaten up the good pasture, and the rest of your pasture you trample with your feet. Or that you should drink of the clear waters, and the rest you muddy with your feet?
[19] “And as for My flock, they eat what you have trampled with your feet, and they drink what you have muddied with your feet.”
[20] ‘Therefore thus said the Master Yahweh to them, “See, I Myself shall judge between fat and lean sheep.
[21] “Because you have pushed with flank and shoulder, and thrust at all the weak ones with your horns, and scattered them abroad,
[22] therefore I shall save My flock, and let them no longer be a prey. And I shall judge between sheep and sheep.
[23] “And I shall raise up over them one shepherd, My servant Dawid, and he shall feed them. He shall feed them and be their shepherd.
[24] “And I, Yahweh, shall be their Elohim, and My servant Dawid a prince in their midst. I, Yahweh, have spoken.
[1] Dít het Jahweh my laat sien—kyk, daar was ‘n mandjie met somervrugte.
[2] En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: ‘n Mandjie met somervrugte. Toe sê Jahweh vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
[3] En die liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek Jahweh: ‘n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!
[4] Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,
[5] deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit—om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ‘n valse weegskaal;
[6] om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir ‘n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.
[7] Jahweh het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.
[8] Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.
[9] En in dié dag, spreek Jahweh, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
[10] En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene ‘n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor ‘n enigste kind en die einde daarvan soos ‘n bittere dag.
[11] Kyk, daar kom dae, spreek Jahweh, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van Jahweh te hoor.
[12] En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van Jahweh te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
[13] In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk—
[14] hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.
[1] This is what the Master Yahweh showed me, and see, a basket of summer fruit.
[2] And He said, “Amos, what do you see?” And I said, “A basket of summer fruit.” And Yahweh said to me, “The end has come upon my people Yisra’el, no longer do I pardon them.
[3] “And the songs of the hĕḵal shall be wailing in that day,” declares the Master Yahweh, “many dead bodies everywhere, thrown into any place – hush!”
[4] Hear this, you who are swallowing up the needy, to do away with the poor of the land,
[5] saying, “When does the New Moon pass so that we sell grain, and the Sabbath so that we trade our wheat, to make the phah small and the sheqel large, and to falsify the scales by deceit,
[6] to buy the poor for silver, and the needy for a pair of sandals, and sell the chaff of the wheat?”
[7] Yahweh has sworn by the Excellency of Yacaqob, “I shall never forget any of their works.
[8] “Shall the land not tremble for this, and everyone mourn who dwells in it? And all of it shall swell like the River, heave and subside like the River of Mitsrayim.
[9] “And it shall be in that day,” declares the Master Yahweh, “that I shall cause the sun to go down at noon, and shall darken the earth on a day of brightness,
[10] and shall turn your festivals into mourning, and all your songs into lamentation, and bring sackcloth on all loins, and baldness on every head, and shall make it like mourning for an only son, and its end like a day of bitterness.
[11] “See, days are coming,” declares the Master Yahweh, “that I shall send a hunger in the land, not a hunger for bread, nor a thirst for water, but for hearing the Words of Yahweh.
[12] “And they shall wander from sea to sea, and from north to east – they shall diligently search, seeking the Word of Yahweh, but they shall not find it1. Footnote: 1Jer. 5:13, Hos. 8:12, Ezek. 34:3-10.
[13] “In that day the pretty maidens and strong young men shall faint from thirst,
[14] those swearing by the guilt of Shomeron, who say, ‘As your mighty one lives, O Dan!’ and, ‘As the way of Be’ĕrsheḇa lives!’ And they shall fall and never rise again.”
12 Oktober 2013
in 'n droom wat die Almagtige aan my gewys het. ek het die dinge geteken wat Hy my laat sien het met die verse daarby. Die swart agtergrond, met daarop die vorm van 'n voortrekker vrou met 'n swaard wat oor haar oop hande lê, en agter haar is daar 'n mielie saam met 'n koringstingel. Die hoofstuk van Esegiël 34 het as eerste oor die voortrekker vrou geflits, en toe flits dieselfde hoofstuk saam met vers 18 oor haar, asof daar ekstra aandag aan hierdie vers gedeelte gegee moet word. ek het dit geteken net soos wat ek dit gesien het.


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking