Daar is bepaalde plekke in voorbereiding en in sommige streke is daar alreeds iets voorberei vir die ontvangs van diegene vir wie die pad daarnatoe gewys sal word.
"Julie", die pragtige klein dogtertjie wat wag om gebore te word uit 'n sterke Ma, die egte "volksmoeder" van Haar kinders: Veg, VROU, Veg. Die Almagtige Elohym is met jou en dra jou trane en smart met 'n yster septer wat Hy later oor Jou onderdrukkers gaan swaai!
Wat is 'n "volksmoeder"?
a. Wie is sy?
Haar naam verklaar dit al. Sy is die pilaar van haar omgewing. Sy is die verpleegster, die versorgster, die trooster, die eenvoudige, die nederige, en die ontmaskerde energie van vertroue. Sy is nie selfsugtig nie, en bedien nie haar eie belange nie. Sy dien haar omgewing met liefde en wilskrag en ontsien nie die kleinerige dinge nie en is nie eensydig nie. Aandagsoek is vir haar 'n gruwel en sy verkies beskeidenheid. Sy bemeester vaardighede wat 'n bydrae lewer aan die gemeenskap en sy lei deur voorbeeld.
b. Waar kom sy vandaan?
Sy word gevorm in die boesem van die samelewing, onder elke omstandigheid, maar veral wanneer logika en wysheid, in 'n wêreld van wanorde, verdwyn, dan kom sy te voorskyn. Soos 'n supernova tree sy na vore en met elke tree oorspoel haar onuitputbare krag oor die hele terrein. Haar motto is een van diensbaarheid sonder skroom en haar lied is een van helderheid sonder angs.
c. En wat is haar dryfveer?
Die seëning wat sy van haar Skepper ontvang, dryf haar gebede en sange aan en maak Sy werke orals bekend want sy is die ewebeeld van Sy genade, liefde en troos, aan 'n afvallige mensheid, maar tog nog deel van Sy kroos. Sy weergalm die oneindigheid van Haar Skepper, deur werke en denkwyses wat selfs die sogenaamde wyse mense laat nadink. Haar klank is soos simbale met yster perde, en haar handelinge so sag soos wol en so koel soos vloeiende water.
Bron: http://dieherberg.blogspot.com/2014/02/wat-is-n-volksmoeder.html

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking