2014-02-06

Voorbereiding Van 'n Burgeroorlog in Suid-Afrika

Met die huidige onluste in Suid-Afrika, is daar nie meer 'n verskoning om te sê "so gaan dit maar in Suid-Afrika" nie.  Hierdie is 'n fyn beplande en goed georganiseerde beweging vanuit kringe wat baie goed bevoeg is om die sosiale onstabiliteit verder te vermink.  Helen Zille, so wel as die ANC en die EFF, saam met al die ander partye, word deur dieselfde hand gevoed en aangestuur.



Suid-Afrika se burgeroorlog sal ten volle losbrand nog voordat die jaar 2014 verby is.  Vir diegene wat nog sit en wag vir die "groot teken", sal dit 'n onplesierige resultaat tot gevolg hê.  Die huidige politieke staatsgreep is die werk van individue wat niks meer in Afrika kan steel nie, want sy is bankrot en leeg geplunder.  Dit is die werk van 'n genadelose, selfsugtige en waardelose entiteit, wie se afguns geen perke ken nie.  Dit is OOK 'n OORDEEL oor 'n ERFDEEL wat NIE aan andere behoort nie, maar aan DIE EEN Wie dit geskenk het aan 'n OORBLYFSEL.

Lees asseblief die werklike politieke toestand van Suid-Afrika hier, en vra jouself af, hoekom is JY bang om op JOU EIE voete te staan?  Hoekom het JY 'n politieke party of oplossing nodig en vir WAT?  Die FEIT bly staan:  VERANTWOORDELIKHEID.  Mense hou daarvan om hulle verantwoordelikhede af te skyf op andere en dan wil hulle kla wanneer dit sleg gaan of nie reg uit gevoer word nie.

Jou "reg om te stem" beteken niks anders dan om jou verantwoordelikhede as individu te vermy en te ondermyn nie.  Daarom sal diegene wie nog wil stem, saam met hulle partye tot 'n val gebring word.  En of dit nou via 'n hand van buite of van binne gebeur, die resultaat bly dieselfde:

"Europa is die land van die verlede
Amerika is ongetwyfeld die land van die huidige,  
en Suid-Afrika die, land van die toekoms
- Johanna Brandt"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking