Die aanhoudende hoogmoed tussen die "Afrikaner geldere" is iets om van te kots. Watter etiket jy ook maar het of op jouself wil plak, hetsy "Christin" of "Atheist" of "Ongelowige" of "Blank" of "Swart" of "Bruin" of "Trots" of wat ookal, dit sal NOOIT OOIT naby die ware gelowige Boer se maatstaf kom nie.
En ek sal julle vertel hoekom nie:
PUNT 1:
Jy moet arm wees
PUNT 2:
Jy moet swaar kry
PUNT 3:
Jy is onafhanklik van ENIGE sisteem, wat dit ook al mag wees, hetsy politiek of kerk of ander groepies.
PUNT 4:
Jy WEET wie jou Maker is en is nie skaam daaroor nie
PUNT 5:
Jy WEET hoe om sorgvuldig rond te kom met wat jy het
PUNT 6:
Jou JA is JA en jou NEE is NEE
PUNT 7:
Jy leef nie in 'n illusie nie, maar ken die WAARHEID
In my familie het ons die woord Boer gebruik om na gelowige kenners te verwys, en nie na iemand wat op 'n trekker sit nie. Dit was gekenmerk aan die feit dat jy maai wat jy saai en dat jou lewenstyl dit duidelik moes maak, want jy was altyd besig om in die Gees te ploeg.
'n Ware Boer, was NOG ALTYD ARM GEWEES. As jou lewenstyl nie arm is nie, DAN IS JY NIE 'N BOER NIE.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking