2014-03-18

Hy Bring Waarsêers in die Skande | He is Putting Diviners to Shame

Jesaja / Isaiah 44:18
Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;

They do not know nor understand, for He has smeared their eyes from seeing, and their hearts from understanding.


Daar kom 'n tyd, wanneer die mense, wie oorgegee is aan hulle smarte, omdat hulle eerder die tasbare wil behou dan die geestelike, in 'n noodkreet sal bewe, want die werk van hulle hande is belangriker dan om uit die gevangenis te stap, wat hulle vir hulleself gemaak het.  Daar is nie baie mense wat omgee oor hierdie toestand nie en nog minder is daar van hulle wyse manne en vroue, wat hulle kan red uit hierdie gemors uit.  


There comes a time when, the people who have been given over to their sorrows, because they would rather retain the tangible than the spiritual, will be caught in a trembling cry, for the work of their hands is more important than getting out of  this prison that they themselves have made. There are not many people who care about this state and not even their wise men and women will be able to safe them from this mess.

Openbaring / Revelation 22:11
Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

“He who does wrong, let him do more wrong; he who is filthy, let him be more filthy; he who is righteous, let him be more righteous; he who is set-apart, let him be more set-apart.

Sagaria / Zechariah 5:1-11
[1]  En ek het my oë weer opgeslaan en gekyk—daar was ‘n vlieënde boekrol.
[2]  En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien ‘n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.
[3]  Daarop sê hy vir my: Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word, en ooreenkomstig daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word.
[4]  En laat dit uitgaan, spreek Jahweh van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.
[5]  Daarop kom die engel vorentoe wat met my gespreek het, en sê vir my: Slaan tog jou oë op, en kyk wat daar te voorskyn kom.
[6]  Toe sê ek: Wat beteken dit? En hy antwoord: Dit is die efa wat te voorskyn kom. Verder het hy gesê: So lyk hulle in die ganse land.
[7]  En meteens word daar ‘n looddeksel opgelig, en daar was ‘n vrou wat binne-in die efa sit.
[8]  En hy sê: Dit is die goddeloosheid. En hy het haar binne-in die efa teruggewerp en die looddeksel op die opening daarvan gegooi.
[9]  Toe slaan ek my oë op en kyk—daar kom twee vroue te voorskyn met die wind in hulle vlerke; en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ‘n groot sprinkaanvoël, en hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel.
[10]  Daarop sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Waarheen bring hulle die efa?
[11]  En hy antwoord my: Om vir haar ‘n huis te bou in die land Sínear; en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit.

[1]  And I again lifted up my eyes and looked, and, behold, a flying scroll!
[2]  And he said to me, What do you see? And I answered, I see a flying scroll; its length is twenty cubits, and its width ten cubits.
[3]  And he said to me, This is the curse that goes forth over the face of the whole earth. For from now on everyone who steals shall be cut off according to it; and everyone who swears from now on shall be cut off according to it.
[4]  And I will bring it forth, says Yahweh of Hosts. And it shall go into the house of the thief, and into the house of the one who swears falsely by My name. And it shall remain within his house and shall finish it, and its timber, and its stones.
[5]  Then the angel who was speaking with me went out, and said to me, Now lift up your eyes and see what this is that goes forth.
[6]  And I said, What is it? And he said, This is the ephah that goes forth. And he said, This is their form in all the earth.
[7]  And, behold, a lead cover was lifted up, and a woman was sitting in the middle of the ephah.
[8]  And he said, This is wickedness. And he threw her into the midst of the ephah; and he threw the lead stone over its opening.
[9]  And I lifted up my eyes and looked. And, behold, two women came out. And the wind was in their wings; for they had wings like the wings of the stork. And they lifted up the ephah between the earth and the heavens.
[10]  And I said to the angel who was speaking with me, Where are they going with the ephah?
[11]  And he said to me, To build a house for it in the land of Shinar; and it shall be made ready and placed there on its own place.

Matthéüs / Matthew 24:15-28
[15]  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
[16]  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
[17]  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
[18]  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
[19]  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
[20]  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
[21]  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
[22]  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
[23]  As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.
[24]  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
[25]  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
[26]  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
[27]  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
[28]  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
 

[15]  “So when you see the ‘abomination that lays waste,’1 spoken of by Daniel the prophet, set up in the set-apart place” – he who reads, let him understand – Footnote:1See Abomination that lays waste in Explanatory Notes.
[16]  “then let those who are in Yehud'ah flee to the mountains.
[17]  “Let him who is on the house-top not come down to take whatever out of his house.
[18]  “And let him who is in the field not turn back to get his garments.
[19]  “And woe to those who are pregnant and to those who are nursing children in those days!
[20]  “And pray that your flight does not take place in winter or on the Sabbath.
[21]  “For then there shall be great distress,1 such as has not been since the beginning of the world until this time, no, nor ever shall be. Footnote:1Or great pressure, or great affliction.
[22]  “And if those days were not shortened, no flesh would be saved, but for the sake of the chosen ones those days shall be shortened.
[23]  “If anyone then says to you, ‘Look, here is the Messiah!’ or ‘There!’ do not believe.
[24]  “For false messiahs and false prophets shall arise, and they shall show great signs and wonders, so as to lead astray, if possible, even the chosen ones.
[25]  “See, I have forewarned you.
[26]  “So if they say to you, ‘Look, He is in the desert!’ do not go out; or ‘Look, He is in the inner rooms!’ do not believe.
[27]  “For as the lightning comes from the east and shines to the west, so also shall the coming of the Son of Ad?am be.
[28]  “For wherever the dead body is, there the eagles shall be gathered together.1 Footnote:1Lk. 17:37.


Treur, My Beminde

Ek het gehoop:  dat jy jou sou bekeer
Ek het gehoop:  dat jy jou hart sou verweer
Ek het gehoop:  dat jy berou sou toon
Ek het gehoop:  dat jy jou trane sou vertoon
Ek het gehoop:  dat jy vir oulaas sou bedink
Ek het gehoop:  dat jy uiteindelik die waarheid sou vind

Ek weet:  dat daar 'n klein sirkel rond beweeg
Ek weet:  dat in hierdie bundel die liefde wel leef
Ek weet:  dat voor die son sy kop laat sak
Ek weet:  dat dit vir oulaas die teken verpak
Ek weet:  dat die hemel in helder rooi sal kiem
Ek weet:  dat die handjie vol die mane sal sien

Bron:  http://d-kunst.blogspot.com/2014/03/treur-my-beminde.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking