2014-05-05

Psalm 90 - 'n Oproep Tot Wysheid

Die Almagtige het 'n oproep tot Sy Volk -  'n oproep tot Wysheid.  Die spoor van helderheid en sekerheid is te vinde in Wysheid en om terug te keer na Hom toe, het 'n mens Wysheid nodig.  Maar Sy Volk het gesê:  "Ons wil nie."  Almal haak vas by Psalm 91, maar leer niks verder nie.  Maar Hy roep weer en gee dit nog 'n keer deur:

Psalms 90:1-17
[1]  ‘n Gebed van Moses, die man van Eloah. Eloah, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag.
[2]  Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U Eloah.
[3]  U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
[4]  Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak.
[5]  Weggespoel het U hulle; hulle word ‘n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
[6]  in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ‘n mens dit af, en dit verdor.
[7]  Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
[8]  U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
[9]  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte.
[10]  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
[11]  Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
[12]  Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom!
[13]  Keer terug, ELOAH! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
[14]  Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.
[15]  Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.
[16]  Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.
[17]  En laat die lieflikheid van JAHWEHSHUA onse Eloah oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

Pas EERS die Wysheid van Psalm 90 toe, 
DAN sal die seëninge in Psalm 91 plaasvind.  
Wysheid roep, maar wie antwoord? 
[SPREUKE 8]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking