2014-05-14

Die Laaste Deel Van Die Evangelie

2 Petrus 3:3-4
[3]  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
[4]  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.



Jesaja 28:13
[13]  Daarom sal die woord van Eloah vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

Matthéüs 24:8-14
[8]  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
[9]  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
[10]  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
[11]  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
[12]  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
[13]  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
[14]  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Wees dus bewus o seuns van Annun, dat hierdie dinge wat julle hier in Suid-Afrika doen, sal as 'n getuienis TEEN JULLE gebruik word, nadat julle bloed verspil het in die naam van julle aardse god van leuens, sodat hy weer gebind sal word vir nog 'n duisend jaar.  Want soos 'n dief wat orals heengaan en steel, so ook het hy gedoen van die begin af,  en soos leuenaars wat wonders met julle tonge verrig, so ook het hy gedoen van die begin af, en soos 'n moordenaar wat rondgaan en haastig onskuldige bloed vergiet, so ook het hy gedoen van die begin af.  Julle dae is getel en verkort.

Matthéüs 24:22
[22]  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Die hele aardbol SAL WEET WAT JULLE IN SUID-AFRIKA AANGEVANG HET - want dit is hierdie evangelie wat DEEL IS van die koninkryk, wat verkondig sal word.  Dit sal die evangelie wees van JULLE MISDADE, LEUENS, ONDERDRUKKING, BLOEDVERGIETING, VERKRAGTINGE, JALOESIE, HAAT, WREEDAARDIGHEID EN VERROTHEID.  VERLIES is julle LOON.  En wie julle navolg, sal die volgende ontvang SONDER enige verdunning:

Openbaring 14:9-10
[9]  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
[10]  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Suid-Afrika IS DIE LAASTE DEEL VAN DIE EVANGELIE.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking