Ondanks alle waarskuwings, profesie en nuusberigte, wil dit voorkom dat
iedereen wie 'n bydrae gelewer het, nou aanspraak wil maak op "hulle
voorspellings" - "everybody wants to cash in".
Die nederlaag in hierdie houding, lei tot verdere
ontwikkelinge in die verspreiding van die vyand se boodskap en ondermyn die
oorspronklike visie en doelstelling. Afgesien van kommentare, en ander blogs, word die besef groter dat juis hierdie selfde
visie en doelstelling, heeltemal op die agtergrond gelos word, want almal wil 'n
soapbox hê, maar van saamstaan, ken hulle nie.
Dus, is die gevolgtrekking 'n sarkastiese poppespel
van 'n heen en weer gevee met 'n besem, maar die stront bly in die aangesig van
die toeskouers en die wat weet.
Daar word dan ook 'n opregte vraag gestel:
Jeremia 8:22
Is daar geen balsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?
Wanneer jy 'n openbaring ontvang, en dit verydel deur jou hoogmoed en waansin wat dit tot 'n bespotting maak, dan val jy onder dieselfde mantel van die valse media en wêreld. Julle hoort beter te weet.
Dink julle dat die Almagtige so onregverdig is dat Hy nie weet wie is opreg en wie nie? Dink julle dat Hy blind is? Julle skree dat julle Hom ken, dat julle aan hom behoort, maar julle monde en aksies verraai julle vrugte! Julle bespot Sy boodskappers en trap op die boodskappe met julle pote! Julle stamp die opregtes weg met julle horings!
Jeremia 6:14
En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.
Maar wie van julle behoort nog aan die Waarheid? Ek sê vir julle: BAIE MIN.
Génesis 3:24
So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
in Suid-Afrika, het jy die OOSTE, en van daaruit sal Hy Sy Loot laat spruit en Hy sal dit bewerkstellig en Hy sal dit beskerm. Moenie dink dat julle so slim is dat julle ook maar enige invloed op hierdie bekendmaking sal hê nie. Wees beskaamd o Yisrael, wees beskaamd!


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking